R 1 990 000 | land property for sale in groenvlei

Property Description

LIGGING! EKSKLUSIWITEIT! EINDELOSE MOONTLIKHEDE! 2 HEKTAAR - GESOGTE AREA - SLEGS R1990000 Stel jou voor: Jou droomhuis, omring deur die rustigheid en ongerepte skoonheid van die Vrystaatse natuur, op jou eie 2 hektaar grond in een van Bloemfontein se mees gesogte en eksklusiewe kleinhoewegebiede! Hierdie uitsonderlike eiendom grens aan die bekende Emoya Estate en bied 'n seldsame geleentheid om jou droomhuis te bou op 'n plek waar ruimte, privaatheid en natuurskoon in volmaakte harmonie saamkom. SLEGS 4 KM VAN LANGENHOVENPARK! Geniet die beste van twee wêrelde – die vrede en vryheid van 'n landelike leefstyl, met die gerief van die stad binne maklike bereik. Langenhovenpark se uitstekende winkelsentrums, kerke en ander geriewe is net enkele minute weg, terwyl die EmoyaMed-mediese fasiliteit feitlik op jou voorstoep geleë is. WAAR DIE NATUUR JOU ELKE DAG BETOWER! Pragtige inheemse doringbome, uitgestrekte Afrika-landskappe en asemrowende sonsopkomste skep 'n atmosfeer van ongekende rustigheid. Stel jou voor hoe jy op jou toekomstige stoep ontspan, terwyl die son stadig oor die horison sak en die hemelruim in asemrowende skakerings van goud na oranjem pienk en diep rooi verander. En dalk word jy selfs bederf met die besondere voorreg om majestueuse renosters, sabels, buffels en kameelperde in die aangrensende landgoed te sien rondbeweeg! Rustige, eksklusiewe kleinhoeweleefstyl met stadsgeriewe gerieflik naby 'n Unieke kombinasie van ruimte, natuurskoon en ligging HIERDIE IS VEEL MEER AS NET 'N BELEGGING IN GROND – DIT IS 'N BELEGGING IN DIE LEWENSTYL WAARVAN JY ALTYD GEDROOM HET! Waarom net droom van jou ideale tuiste as jy dit hier kan verwesenlik? Bou jou toekoms waar die natuur, 'n uitstekende ligging en eksklusiwiteit mekaar ontmoet! KONTAK LOUISE DE BRUIN QUANTUM PROPERTY BROKERS 0626191047


Property Details

Purchase Price R 1 990 000

Type of PropertyLand

Land Size20100 m2

Last Updated26 Oct 2026

Property Location

Similar Property in nearby suburbs

Agent

Louise de Bruin

Share        

Add Email Alert
To receive emails for similar properties in Groenvlei!


Close